

BEVELSOORHANDIGING EN UITPASERINGSSPARADE (VERMOEDELIK DESEMBER 1990)
Hennie Heymans
Adv. Anton Wiid het vir my vier foto’s gegee van die bevelsoorhandiging- en uitpasseringsparade op Loftus-Versfeld. Tydens hierdie parade het genl. Hennie de Witt afgetree, en genl. Johan van der Merwe het simbolies die bevel van die Suid-Afrikaanse Polisie oorgeneem. Volgens Adv. Wiid was dit die grootste parade ooit: alle studente wat kon uitpasseer, was daar — insluitend lede van die verskillende kolleges en die nuwe offisiers-korps.
Adv. Wiid, destyds die persoonlike stafoffisier van die kommissaris, het die simboliese bevel-sabel hanteer.

Genl JV van der Merwe

Lt-kol Anton Wiid met die sabel en links kapt salie kriel op “U Can”.
Anton Wiid voor as aide-de-camp – grootste parade ooit!

Dan genl Hennie de Witt en kol Lollo van Vuuren en agter genl JV van der Merwe.

Anton Wiid en ‘Bakkies’ von Backström (die twee aides-de-camp)
