
VALSKERMEENHEID: SEKSIE CI (VLAKPLAAS) : VOORMALIGE MK, APLA EN SAP-LEDE

Gedurende 1988 het die gedagte ontstaan om voormalige MK- en Apla-lede wat aan Vlakplaas verbonde was, op te lei in valskermspring. Hierdie gedagte is vooraf gegaan deur drie weke se intensiewe opleiding te Penge-myn naby Burgersfort. Die opleiding het onder meer behels aanvalstaktiek, touwerk, fisiese oefeninge, baie skiet, opleiding in Westerse- sowel as Oosblok-wapens, huisopruiming met handgranate en geprakseerde toestelle en noodsaaklike basiese noodhulp.
Hierdie was die eerste swart valskerm-eenheid in die SA Polisie.


Met ‘n vooruitskouing sou dit mettertyd nodig gewees het om hulle vir landelike- sowel as stedelike teen-insurgensie opleiding te laat ondergaan. Onthou alle insurgente was militêr opgelei en daarom was dit nodig om hierdie teen-terroriste eenheid tot op ‘n maksimum vlak ‘effektiewe doeltreffendheid op te lei. Daar was beoog om hulle later op ‘n gevorderde valskermkursus te stuur.
Ek is nie seker van die getal lede wat ons opgelei het nie, maar minister Adriaan Vlok het by geleentheid 19-vlerkies aan swart en wit lede oorhandig.
Die eenheid was is verskeie vuurgevegte betrokke waar hulle suksesvol was.
Hulle was voorbereid vir operasionele spronge, maar hulle het egter nooit operasioneel gespring nie veral omdat 1990 se onderhandelinge aangebreek het.


Nota: Kol de Kock deel mee alle gietvorms is vernietig enige splinternuwe items sal noodwendig kopieë wees.


Related Articles

Gift to Minister Adriaan Vlok: Opening of South African Police Forensic Science Laboratory: Silverton On 1988/05/13.
June 20, 2025

Tribute to Jim Hooper
January 17, 2024

Chief Albert John Mvumbi Luthuli
April 2, 2025

Sap: Kollege Paarl
July 3, 2025

Intelligence and National Security Management System in South Africa
January 7, 2024