
PLEASE PROTECT THE PANGOLIN
Abstract
The pangolin is an endangered species in South Africa and the world. Please contact Pangolin Africa on WhatsApp (072-726-4654) if you see one of these animals.
Keywords
- Pangolert-noodlyn
- Pangolin
- Pangolin Africa
- Toby Jermyn
NOODLYN OM IETERMAGOG VAN UITWISSING TE RED
Die Bronberger-tydskrif: April 2025 (Met toestemming herpubliseer)
’n Ietermagog
Foto: Pangolin Africa
Die ‘Pangolert’-noodlyn is onlangs deur Pangolin Africa bekend gestel om die uiters bedreigde ietermagog te help red. Jy kan die noodnommer gebruik om onwettige handel van ’n ietermagog aan te meld of om dié organisasie, wat na ons land se ietermagog-bevolking omsien, te laat weet wanneer jy een van die diertjies sien.
Toby Jermyn, stigter van Pangolin Africa, sê dat hulle spanne 24/7 werk en inbellers in verbinding met ’n goedgekeurde netwerk van wetstoepassingsowerhede, nie-regeringsorganisasies en veeartse oor sentraal en suidelike Afrika plaas.
Die ware omvang van die smokkelbedryf van dié diertjies is nog grootliks onbekend omdat daar min befondsing vir die vasstelling van die ietermagog-bevolkings beskikbaar is. Die opbou van ’n betroubare databasis oor waar die diertjies voorkom kan ook help om proaktiewe beskermingsprogramme op te stel.
Toby vra dat mense wat ’n ietermagog sien, of dit nou onder verdagte omstandighede of in die veld is, ’n foto neem en dit saam met die ligging via WhatsApp na 072-726-4654 stuur. Pangolin Africa se netwerk van gespesialiseerde rehabilitasie- en veeartsenykundige sentrums word geaktiveer sodra ’n beseerde ietermagog gered of aangemeld word.
Dié diertjies is meer bedreig as renosters en moeiliker om te beskerm. Daar is ’n oorweldigende groot mark vir ietermagog-skubbe in Asië, veral in Sjina, omdat daar geglo word dat die skubbe medisinale waarde het.
’n Ietermagog sal nie langer as twee weke ná hy gevang is, lewe nie weens verhongering, stres en beserings. Stropers probeer om vir dié diertjies rys en brood te voer, maar hulle het nie ’n bewegende kakebeen nie en het geen tande nie. Hulle vreet net miere, maar sal nie dooie miere of kos wat hulle nie self gevind het, vreet nie.
Dit is ’n misdaad om in besit van ’n ietermagog of liggaamsdele van een van dié bedreigde diere te wees. Die Nasionale Omgewingsbestuur Biodiversiteitswet beskerm die ietermagog. Verbreking van dié wet kan tronkstraf van tien jaar of ’n boete van tot R10 miljoen tot gevolg hê.

Related Articles

Nongqai Vol 17 No 2C - 10 Inligting Agentskappe
February 18, 2026

Privaat Vuurwapenbesit: ’n Noodsaaklike Reg in ’n Gewelddadige Land
September 19, 2025

The Bomb: 20 May 1983
November 6, 2025

Memorial Wall for Four-Legged Soldiers Unveiled at Monument
May 8, 2025

What drugs do some terrorists use before they carry out their attack?
August 26, 2025