
Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kultuurgeskiedenis laat kultuurvure brand
Matilda Burden
Die nasionale kongres van 2025 het pas plaasgevind in Philippolis in die Suid-Vrystaat. Die kultuurgeskiedenis van hierdie dorpie, die oudste in die Vrystaat, is indrukwekkend en boeiend. Ons is die naweek op verskillende maniere vergas met die geskiedenis van die dorp en sy mense – van ‘n insiggewende staptog deur die dorp wat in die pragtige kerk afgesluit is, ‘n referaat oor die digitale rekords van plase en eienaars wat ‘n verbysterende navorsingsbron is, tot by ‘n lesing oor ‘n familiebesigheid wat ‘n groot rol in die dorp se laat 20ste-eeuse geskiedenis gespeel het. Ander referate by die kongres het gedui op deeglike navorsing en die resultate lewer sonder twyfel ‘n groot bydrae tot die Suid-Afrikaanse kultuurgekiedskrywing. En dan is ons boonop vermaak deur die plaaslike kabaret-kunstenaar van faam – wat ‘n kongres!
SAVK-kongresgangers: Phillipolis, 2025
Die termyn van die huidige raad verstryk in 2025 en soos gebruiklik is die uitslae van die verkiesing by die kongres bekendgemaak. Die nuwe raad neem onmiddellik die leisels oor en sal u verder op hoogte hou van verwikkelinge by die vereniging. Ek wil graag die uitgaande raad bedank vir hulle bydrae die afgelope 2 jaar om die vereniging aan die gang te hou en belangrike besluite te neem.
Die Nuwe SAVK Raad
Die nuutverkose raad lyk soos volg:
Voorsitter: Prof Anton van Vollenhoven
Onder-voorsitter: Prof Matilda Burden
Addisionele lede: Prof Kobus du Pisani
Prof Francois Cleophas
Dr Vicky Heunis
Mnr Emile Coetzee
Die ampsposisies bly onveranderd.
Jens Friis begelei 'n heerlike geskiedenistoer deur Phillipolis
Matrilda Burden
- Om meer oor die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kultuurgeskiedenis te wete te kom, stuur gerus 'n e-pos aan petra@kultuurtuiste.org.za.
Related Articles

Selective Persecutions continue with impunity
January 3, 2026
Opgedateerde Debat: die KODESA-onderhandelinge
January 9, 2026

Waar is ons biografieë oor Suid-Afrikaanse politici? vra historikus Emile Coetzee
September 24, 2025
FAK teken beswaar aan teen revisionistiese geskiedskrywing en onderrig
April 12, 2026

IRAN WAR 2.O - Dr Joan Swart
March 3, 2026