
Col Logan Govender
Since early in my life, I had an intense interest and fondness in history and military matters in which my father was instrumental that I pursue this interest. Being fond of reading I extended my knowledge of military and intelligence matters specially during my 35 years career as intelligence officer with counter intelligence and counter espionage.
After my retirement I now had the time to write articles of military and intelligence matter as the two are interwoven (See the writings of Sun Tzu: "The Art of War"). I am a member of the SAP COIN Veterans League and a friend of the Koevoet Veterans League.
In September 2019 I started to regularly write articles for the Nongqai publication.

Dr Coert Mommsen

So baie dinge het gebeur in die 3 dekades. Die kuns gaan wees wat om uit te laat. Ek sal dus so in breë trekke probeer vertel om die leser 'n redelike goeie idee te gee hoe my pad in die SAP geloop het. En ook die 3 jaar in die SAPD tot Julie 1998.
Ek is 'n lid van die 'sestigers' van die SAP. Dit is omdat ek begin 1968 in Umtata (Transkei) aangesluit het.
Ek is bykans met ál my bevorderings verplaas, behalwe na brigadier. Met lg. het ek bloot vanaf die 5de vloer na die 6de vloer by provinsiale hoofkantoor in Kaapstad geskuif.
SA Kriminele Buro
Qumbu
Ek het gevra om terug verplaas te word na Transkei. Qumbu was dan my eerste standplaas.
Dit was die volgende jaar (1970) toe die sersanteksamen slaag, toe die distrikskommandant (DK) vir my sê hy gaan my na Idutywa verplaas om aanklaerswerk te gaan doen.
Ek het gedink die DK is van sy lotjie getik omdat ek gedink het ek is nog totaal onervare. Ek is egter later na 'n aanklaerkursus by die Justisieskool in Pretoria gestuur waar ons fantastiese teoretiese opleiding gekry het, met die praktiese deel in die Johannesburgse laerhowe.
Idutywa
Ek het op Idutywa die rang van adjudant-offisier bereik. Ek wou toe uit die SAP bedank om by die departement van Justisie aan te sluit. Die aanklaerswerk het my oor die tyd so welgeval dat ek gedink dat ek 'n sukses sou kon maak by departement van Justisie. Dié departement het destydse beurse aangebied om die B-Jurisgraad voltyds aan die universiteit in Port Elizabeth te gaan bestudeer. Omdat ek op troue gestaan het, het hierdie plan deur die mat geval. Ek het ná die offierseksamens vir dié graad by UNISA ingeskryf.
Engcobo
Ek is toe na Engcobo verplaas as tweede-in-bevel met luitenant Frans Malherbe as stasiebevelvoerder, wie een van die bekwaamste offisiere was onder wie ek gewerk het. Ek was nie lank op hierdie stasie nie. Ek is op eie versoek na Stellenbosch verplaas nadat my verloofde (later my vrou) net vantevore vanaf Transkei 'n pos as onderwyseres in Somerset-Wes gekry het.
Stellenbosch
Ek het in Mei 1975 by Stellenbosch geland as AO waar ek daardie tyd derde-in bevel was. Bo my was 'n luitenant (FP Goosen), met 'n kaptein (FJ Du Toit) as stasiebevelvoerder.
SAP Robertson
Nadat ek op lg. stasie 'n offisier geword het, is ek na Robertson verplaas waar ek op 1 Januarie 1977 diens aanvaar het. Hier was ek as't ware beide stasie- én takbevelvoerder. Wat lg. aanbetref het my opleiding as aanklaer en paar jare se praktiese ervaring my baie handig te pas gekom met die nasiening van dossiere. Selfs later in die meer senior range.
Dit was op hierdie dorp waar ek in my jeugdelike voortvarendheid, sonder om iets op skrif te sit om deur die voorgeskrewe kanale, 'n nuwe polisiestasie gebou laat kry het. Ek het die plaaslike lid van die destydse Volksraad, meneer Piet Palm, daaroor gaan spreek, wie op sy beurt die kommissaris, generaal Gert Prinsloo, na die ou stasie laat kom het vir 'n ondersoek te plaatse nogal. Wat later in die agtergrond gebeur het weet ek nie, maar maande later is daar begin met die bou van die mooi, nuwe polisiestasie. Die amptelike opening was op my verjaarsdag op 13 Oktober 1978 ('my verjaarsdagpresent; mý monument', het ek eenkeer gesê), met generaal Mike Geldenhuys en minister Jimmy Kruger as die eregaste.
Stellenbosch
Nadat ek 'n kaptein op hierdie stasie geword het, is ek in 1981 na Distrikshoofkantoor, Stellenbosch verplaas as stafoffisier. Ek was vir 'n tyd ook diens gedoen as stasiebevelvoerder, twee vloere ondertoe. Ek is toe weer terug na Distrikshoofkantoor waar ek weer belas was met dossier- en stasie-inspeksies, werwing, aangewese drankoffisier en ander administratiewe take.
Woodstock
Ek is bevorder na majoor en later in Desember 1987 oorgeneem as stasiebevelvoerder van Woodstock, met Soutrivier (waar die skiereiland se groot lykhuis is) en Observatory ook deel van die stasiewyk.
Woodstock - die uiters bedrywige stasie - was aanvanklik vir my ietwat van 'n kultuurskok, maar ek het gou-gou in die vinnige ritme daarvan en sy andersheid gekom. My kantoor was ook daar met 'n limpetmyn kort so 4-uur die middag opgeblaas terwyl ek, genadiglik en toevallig, in Stellenbosch was vir 'n vorige DK van my se begrafnis.
Khayelitsha
Terwyl ek grensdiens verrig het, is ek ingelig dat ek as stasiebevelvoerder van Khayelitsha verplaas is. Dit is natuurlik 'n groot en 'n riller van 'n stasie waar ek, snaaks genoeg, heel gemaklik was. Ná my Transkei dae, het die feit dat ek isiXhosa magtig is, weer handig te pas gekom.
Hoof Munpol
Ná Khayelitsha is ek as provinsiale hoof van die Wes-Kaapse provinsie se Munisipale Polisie aangestel, met die Spesiale Konstabels by my portefeulje bygevoeg.
Springbok
In hierdie pos is ek tot die rang van luitenant-kolonel bevorder. Ek was met vakansie by Pearly Beach buite Gansbaai toe ek 'n boodskap kry dat die provinsiale kommissaris, wyle generaal-majoor Flip Fourie, my soek. Ek bel hom en hy deel my mee dat hulle beoog om my Distrikskommissaris van Namakwaland (die 'eenkantland') met standplaas Springbok, aan te stel.
Dit was 'n Woensdag en hy vra my toe om my besluit of ek dit aanvaar die Maandag komend aan hom telefonies sal gee. Natuurlik sou ek ja sê, want ek het dit na die stad se gejaag, politieke geweld en stres, gesien as soort van 'sabbatsverlof'. En dit was. Ek het op 1 April 1991 daar diens aanvaar.
ABS
So middel-Junie 1993 bel die provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Nick Acker my. Hy versoek my om na Kaapstad te ry vir 'n vergadering met hom en sy 2 generaal-majoors die volgende oggend. Ek was reeds so 'n paar maande gelede na die rang van kolonel bevorder.

Sonder om in die fynere detail in te gaan, was die somtotaal van hierdie vergadering dat ek op 1 Julie - 2 weke later - by wyle kolonel Dolf Odendal oorneem as provinsiale hoof van Afdeling Binnelandse Stabiliteit (ABS). Dit het taamlike nuusdekking gekry (sien foto-artikel).
Ek het my tyd by ABS baie geniet, in weerwil van die feit dat ek geen vorige ervaring in dié afdeling gehad het nie. Ek wil kortliks na 3 dinge verwys wat vir my uitgestaan het in dié pos.
Die eerste was dat ek dink ons beter gedeel met die taxi-oorloë en ander konflikte deur hulle veroorsaak. Ek het verseker dat ek baie noú en baie goeie verhouding met die intelligensie-agentskappe opgebou het.
Ek het met kere die bestuurskomitees van die twee groot taxigroeperings, CATA en CODETA, na ons kantoor se raadsaal genooi om partykeer proaktief, of reaktief in dringende gevalle, met hulle te vergader, met my as voorsitter in hulle eie taal. Hulle het nooit my oproepe geweier nie.
Ek het destyds baie van die onderhandelaars van die Universiteit van Kaapstad se "Centre for Conflict Resolution" gebruik gemaak om die groepe in konflik - hetsy taxi’s of politieke groeperinge se geweld - om 'n tafel te kry vir samesprekings. Die professor, Laurie Nathan, in beheer van hierdie Sentrum van die UK was gewoonlik baie behulpsaam gewees nadat ek en kort ná my aankoms by ABS oor hierdie idee onderhandel het. En moet ek byvoeg, baie suksesvol gewees. Ons het dus proaktief geweld voorkom, in plaas daarvan dat ABS later reaktief noodwendig tussenbeide moes optree.
Met Nelson Mandela se verkiesing as staatspresident in April 1994 en sy toespraak vanaf die stoep van die ou stadsaal voor die historiese Kaapse Parade, het ons 120 000 mense verwag. Ek het 1 200 lede van die veiligheidsdienste (SAP, SAW ens.) gebruik in die veiligheidsplan, asook 800 lede van die ANC se sg. "Marshalling Desk".
Dié operasie was deur ander ook beskryf as die eerste voorbeeld van gemeenskapspolisiëring in Suid-Afrika en wel op groot skaal daarby.
Ek het in hierdie tyd ook baie noú saam met die provinsiale polisieminister begin saam gewerk. Ek was tydig en ontydig na sy kantoor geroep om een of ander probleem te bespreek of om by te sit by 'n vergadering wat hy met 'n gemeeskapsgroep oor polisiesake in die provinsie gehad het.
Hoof: Sigbare Polisiëring
Ek is in Desember 1995 na Direkteur (brigadier) bevorder in die pos van Provinsiale Hoof: Sigbare Polisiëring (voorheen Uniformtak), 'n pos waarvoor ek in terme van die nuwe stelsel toevallig nie voor aansoek gedoen het nie. In die Wes-Kaap se 4 areas het ek sterk kolonelle gehad as Sigbare Polisiëring areahoofde om wat ook al te koördineer.
In my nuwe pos - in die SAPD nou - het ook voorsitter geword van die 'Western Cape Security Coordinating Committee" by die Kasteel waar die SANW se hoofkantoor gesetel was en wat elke Vrydag vergader het. Hier het senior polisie-offisiere, die weermag, Intelligensie-agentskappe en ander vergader en oorhoofs na veiligheidsaangeleenthede wat die Wes-Kaap geraak het onder die loep geneem. Dit was by hierdie vergadering waar ek eenkeer aan die aanwesiges gesê het: "We have all the power in the world to deal with whatever security issue that may occur in the Western Cape". Kan dít vandag nog gesê word?
In 1996 het die People Against Gangsterism en Crime (PAGD)-probleem sy kop uitgesteek. Ek het van meet af begin om aandag hieraan te gee deur met sy eerste twee prominente leiers, Faroek Jaffer en Sedrieg Edries, vir gesprekke te nooi. Ek het later ook die onderhandelaars van die UK se Sentrum vir Konflikhantering betrek. PAGAD se dinge het later nogtans 'n ernstige kwessie geword wat 'n paar jaar geduur het.
Ek het die SAPD met 'n pakket verlaat na 30 jaar diens. Ek het my eie redes gehad. Het ek terug verlang? Ja, net na die ou SAP.


Related Articles

NONGQAI Special series : The men speak : Brig Fanie Bouwer
January 19, 2024

Building Blocks of Police History: Articles, Letters and Photos Over the Years In the S.A. Police Service SJ (Fanie) Bouwer
November 6, 2025

Stasiebevelvoerder: Sap Robertson
June 26, 2025

Sap Robertson
June 26, 2025

Intelligence and National Security Management System in South Africa
January 7, 2024