Dr. Niël Barnard, eerste onderhandelaar van regeringskant vir 'n demokratiese Suid-Afrika, voormalige spioenbaas en eerste Direkteur-Generaal van Wes-Kaapland, is vanoggend (13.01.2025( sonder pyn in Gansbaai oorlede na 'n lang stryd teen kanker. Hy was 75 jaar oud. Hy word oorleef deur sy vrou, Engela, twee seuns en vyf kleinkinders. Begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word. Dr. Barnard was Professor in Politieke Wetenskap voor hy aangestel is as Direkteur-Generaal van die Nasionale intelligensiediens. Hy het die Nasionale Intelligensiediens geprofessionaliseer en uitgebou tot die voorste soeke na 'n vreedsame oorgang na 'n grondwetlike demokrasie. As sulks was hy betrokke met die eerste twee verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse staat wat te midde van groot geheimhouding in Switserland met die ANC (soos verteenwoordig deur die latere presidente Thabo Mbeki en Jacob Zuma) kontak gemaak het oor onderhandeling. Vanaf 1994 was hy die eerste Direkteur-Generaal van Wes-Kaapland, en die grondlegger van die streng en skoon administrasie wat die provinsie steeds kenmerk. Hy was 'n vertroueling van vele staatsmanne, maar eerstens 'n gesinsman.
Related Articles
Niël Barnard was 'n baanbreker en onderhandelaar, maar eerstens 'n gesinsman en intelligensieman
January 18, 2025
Die Buro vir Staatsveiligheid (BvS)/Nasionale Intelligensiediens (NI): ’n Unieke verskynsel in die Westerse intelligensiewêreld
October 17, 2025
Suid-Afrika Se Vrouespioene: Die Sekretaresse
January 31, 2025

A Comparative Analysis of Perspectives on the End of Apartheid: Johan Mostert's Security Perspective in Context: Perspective on “The End of Apartheid” (2)
September 17, 2025

NONGQAI INTELLEGERE - Abram Fischer
February 8, 2025