NONGQAIPolice & Defence History of South Africa
DONATE

C. Louis Leipoldt se 'SING, vinkie, sing!'

March 9, 20251 min read

Skrywers & Boeke, Nongqai, Kinder- en Jeugboeke, C. Louis Leipoldt, Slampamperliedjies

Uit Slampamperliedjies - C. Louis Leipoldt

SING, vinkie, sing!

Dit is lekker vir jou om te sing

As die son sy sonskryn bring

Om die pad met goud te saai

Waar die wilgertakke swaai

As die koel veldwindjie waai

Sing, vinkie, sing!

Ek wens maar ek kon fluit

Soos jy, dag in, dag uit

Oor die water, oor die vlei

Waar die wit aandblompies sprei

'n Blomtuin wit vir my

Sing, vinkie, sing

Hier waar jou nessie swaai

Met vinkertjies belaai!

Leer hul algar ook te sing

Vrolik en vlot as die sonskyn bring

Goud vir die more en die middag

Sing, vinkie, sing!

*

C. Louis Leipoldt is een van die Afrikaanse kultuurgeskiedenis se veelsydigste kunstenaars, digters en skrywers. Sy eerste digbundel 'Oom Gert vertel en ander gedigte' verskyn reeds in 1911 en vertel aangrypende verhale van die leed en smart van die Afrikaners tydens die Tweede Vryheidsoorlog. In sy digbundels lewer Leipoldt dikwels aangrypende aleensprake, en deur sy natuurverse ontdek Afrikaanssprekendes as't ware die Afrika-natuurskoon in al sy prag en praal. Ek is een van C. Louis Leipoldt se bewonderaars - omdat hy die eerste digter was om die gewone Afrikaanse spreek- en omgangstaal in sy digkuns en 'rymelary (soos hy dit genoem het), aan te wend. Die talentvolle C. Louis Leipoldt is op 28 Desember 1880 op Worcester gebore, en bekwaam hom hom nie alleen as skrywer en digter nie, maar ook as mediese dokter en kinderarts, as joernalis, rubriekskrywer en koerantredakteur. - Henning van Aswegen.

*


Share this article:


Comments (0)

Leave a Comment