
ABSTRACT: Example of an official S.A. Police commissioning deed promoting a previously non-commisioned member to officer rank as lieutenant. Also, Certificate of Service at retirement and photo of Brig Grobler.
KEYWORDS: South African Police history, commission as lieutenant, akte van kommissie, Brigadier Quartus Grobler
AUTHOR: Brig (Ret) Hennie Heymans
Read time: 2 min
S.A. POLISIE AKTE VAN KOMMISSIE : Brigadier Q. Grobler


Gedurende die 1980’s was ek verbonde aan die situasiekamer van die staatspresident (SP) in Tuynhuis, Kaapstad. Ek het met die SP se personeel gesels en – omdat ek belangstel – subtiel uitgevind wat almal daar doen.
In een kantoor het ek ‘n SAP-luitenant aangetref en met hom gesels. Hy het my vertel dat sy taak ook die “vervaardiging” van aktes van kommissie insluit. Hy het my gewys hoe hy die aktes aanmekaar sit en “vervaardig”.
Groot was my teleurstelling toe ek sien dat die SP nie die aktes persoonlik teken nie!
Genl Ben Groenewald het die foto aan my beskikbaar gestel met die betrokke luitenant hier in die middel van die foto. Sy naam het, met tyd, ongelukkig verlore gegaan. As iemand dalk weet wie hy is laat ons asseblief weet - HBH.

Related Articles

LT GEN FRIKKIE ENGELS : Nongqai Special Edition
December 2, 2023

SALM-Mirages met MIG-enjins!
October 3, 2023
Waarom die Verwoerd-regering die Afrikaner Broederbond ondersoek, en onskuldig bevind het
January 7, 2025

South African Forces History Photos
January 27, 2024

South African Police a case of so few owed so much yet scorned
April 11, 2024