
2 JUNE 1953
2 JUNIE 1953
Brig HB Heymans
Ek onthou 2 Junie 1953. Ek was in graad twee. Ons het by die skool porselein bekers gekry toe die koningin Elizabeth gekroon was. Ek het onlangs die beker vir Nico Moolman se museum geskenk. Koningin Elizabeth se gesig het toe op die nuwe munte gekom. Daar was ook ‘n spesiale blou seel uitgegee om die kroning te gedenk

Die beker wat ons by die skool ontvang het om die kroning te herdenk.

Posseël uitgegee op 2 Junie 1953.

1953-pennie met die koningin se kop daarop.
My Moeder, mev Johanna Wilhelmina Heymans (gebore Malan) het my na ‘n bioskoop-teater in Durban geneem waar ons die kroning van koningin Elizabeth bekyk het. Net daar het die Britse “pomp and circumstance” of “pomp and ceremony” my aangegryp – ek het sommer baie van die koetse, orkeste, perde en marsjeerende soldate gehou!
My Vader, sers Abraham Faure Heymans, het my meegedeel dat sers Piet Fabricius, een van die polisiemanne was wat die kronings plegtigheid in Londen bygewoon het. Sers Fabricius het my perd – Penny – beslaan. Baie jare later het ek onder kol Piet Fabricius gewerk te veiligheidshoofkantoor.

Die kroningsmedalje
In die SA Polisiekollege het ek majoor LG Snyman, MBE, “ontmoet”. Hy was die sers-majoor van die SAP-kontingent in 1953. Ek het sy medaljes later beskou ... indrukwekkende versameling medaljes.

Lt-kol LG Snyman – later ook ‘n genl-majoor.
In Durban het maj JC van Niekerk ‘n geraamde sertifikaat teen sy muur in sy kantoor vertoon van die dag toe hulle per boot aan ‘n tradisionele plegtigheid deelgeneem het toe hulle oor die ewenaar gevaar het. Ek het hom uitgevra en hy het my meegedeel dat hy ook die kroning van koningin Elizabeth bygewoon het.

Genl-maj JC van Niekerk – kroningsmedalje heel regs!
Eendag land te hoofkantoor en werk saam met kol Fabricius en kol HJJ Smit wat ook die kroning bygewoon het – veral tydens amptelike offisiers plegtighede in di SAP-kollege het die offisiere die miniatuur medaljes gedra,

Brig Piet Fabricius

Related Articles

31 May 1961: Republic Day - South Africa
May 31, 2025

Concentration Camp Day: We Remember June 16, 1900!
June 16, 2025

South African Police: Presentation Parade: July 4, 1964
June 18, 2025
1962: Sap Chaplains: The Beginning
March 20, 2025

Obituary: No 42347t Lieut-Gen Jn ‘nico’ Slabber, Pcf, Soe
June 17, 2025